Microsoft Word Lx14steyn doc


Opsomming: Die toegangstruktuur in aanleerderwoordeboeke



Yüklə 0,56 Mb.
Pdf görüntüsü
səhifə2/30
tarix09.05.2023
ölçüsü0,56 Mb.
#110193
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   30
51425-Article Text-76812-1-10-20100218

Opsomming:
Die toegangstruktuur in aanleerderwoordeboeke.
Woordeboeke 
moet saamgestel word met inagneming van 'n spesifieke teikengroep en woordeboekdoel. Gebrui-
kersgerigtheid is egter nie die enigste kriterium waaraan die sukses van 'n woordeboek gemeet 
word nie. Die hedendaagse leksikografie vereis die beoordeling van die toeganklikheid van 'n 
woordeboek. Die gemak waarmee makro- en mikrostrukturele inligting opgespoor en ontsluit 
word, bepaal die kwaliteit en die toeganklikheid van die aanbieding. Gebruikersgerigte toegank-
like aanleerderwoordeboeke kan 'n wesenlike bydrae lewer tot die verbetering van kommunikasie 
in 'n veeltalige Suid-Afrika met verskillende groepe taalaanleerders. 
*
This article was read as a paper at the Seminar on Learners' Dictionaries presented by the 
African Association for Lexicography at the University of Pretoria, Pretoria, Republic of 
South Africa, 11–12 November 2002. It is based on an unpublished M.A. Thesis by Mariza 
Stark, Die toegangstruktuur in verklarende aanleerderwoordeboeke, accepted in March 2001 by the 
University of Stellenbosch, Stellenbosch. 


276
Mariza 
Steyn 
Die metaleksikografie maak voorsiening vir gidsstrukture wat toegang tot inligting in die 
woordeboek vergemaklik. Die eksterne, interne en metatoegangstrukture is funksionele struktuur-
elemente wat die herwinbaarheid van inligting verhoog en die gebruiker help om so vinnig moont-
lik uit te kom by die verlangde inligting wat hy/sy soek. Die leksikograaf moet tydens die beplan-
ning van 'n aanleerderwoordeboek 'n woordeboekplan opstel waarin onder andere die eksterne en 
interne toegangstruktuur uiteengesit word. So 'n woordeboekplan dra by tot 'n konsekwente toe-
passing van leksikografiese besluite. Besluite oor die toegangstruktuur moet ook in die toeligting 
beskryf en geïllustreer word om aanleerders in staat te stel om woordeboekontsluitingsvaardig-
hede te verwerf en effektiewe woordeboekgebruikers te word. 
Sleutelwoorde:
METALEKSIKOGRAFIE

EKSTERNE TOEGANGSTRUKTUUR

INTERNE 
TOEGANGSTRUKTUUR

AANLEERDERWOORDEBOEK

RAAMSTRUKTUUR

GEÏNTEGREER

NIE
-
GEÏNTEGREER

MONO

EN POLI
-
TOEGANKLIK

BUITETEKSTE

EKSTERNE KITS
-
TOEGANG

DATAVERSPREIDINGSTRUKTUUR

MIKRO
-
ARGITEKTUUR

DATA
-
ARGITEK
-
TUUR

DATABLOOTLEGGINGSTRUKTUUR

METATOEGANG

Yüklə 0,56 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   30




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©azkurs.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin