276
Mariza
Steyn
Die metaleksikografie maak voorsiening vir gidsstrukture wat toegang tot
inligting in die
woordeboek vergemaklik. Die eksterne, interne en metatoegangstrukture is funksionele struktuur-
elemente wat die herwinbaarheid van inligting verhoog en die gebruiker help om so vinnig moont-
lik uit te kom by die verlangde inligting wat hy/sy soek. Die leksikograaf
moet tydens die beplan-
ning van 'n aanleerderwoordeboek 'n woordeboekplan opstel waarin onder andere die eksterne en
interne toegangstruktuur uiteengesit word. So 'n woordeboekplan dra by tot 'n konsekwente toe-
passing van leksikografiese besluite. Besluite oor die toegangstruktuur moet ook in die toeligting
beskryf en geïllustreer word om aanleerders in staat te stel om woordeboekontsluitingsvaardig-
hede te verwerf en effektiewe woordeboekgebruikers te word.
Sleutelwoorde:
METALEKSIKOGRAFIE
,
EKSTERNE TOEGANGSTRUKTUUR
,
INTERNE
TOEGANGSTRUKTUUR
,
AANLEERDERWOORDEBOEK
,
RAAMSTRUKTUUR
,
GEÏNTEGREER
,
NIE
-
GEÏNTEGREER
,
MONO
-
EN POLI
-
TOEGANKLIK
,
BUITETEKSTE
,
EKSTERNE KITS
-
TOEGANG
,
DATAVERSPREIDINGSTRUKTUUR
,
MIKRO
-
ARGITEKTUUR
,
DATA
-
ARGITEK
-
TUUR
,
DATABLOOTLEGGINGSTRUKTUUR
,
METATOEGANG
Dostları ilə paylaş: